Die susters
Inligting
Die susters se hoofdoel is om daadwerklik liefde en onderlinge meelewing in die gemeente te beoefen en so eenheid in Christus te toon.
Die werksaamhede van die susters sluit in maandelikse vergaderings en onderlinge meelewing in die vorm van tee en koffie na kerk, broodjie-aande, tee en verversings met begrafnisse asook besoeke aan bejaardes, siekes en eensames.
Verdere betrokkenheid sluit in samewerking met die koningskinders aksie, die Wingerdstok en die jaarlikse kermis. Fondse word ook ingesamel deur die susters om meelewing aksies te help finansier.